Pages

Tuesday, 3 November 2015

DADELBROOD MET OKKERNEUTE




DADELBROOD MET OKKERNEUTE
375 g dadels
½ t sout
1 t koeksoda
2 k meelblom...
120 g margarien
1 t vanieljegeursel
1 k kookwater
½ k gekapte okkerneute (kan weggelaat word)
1 t bakpoeier
¾ k suiker
1 eier, goed geklits
METODE:
Verwyder die pitte van die dadels en sny die dadels in stukkies.
Voeg die margarien en koeksoda by die dadels en gooi die kookwater daaroor. Roer en laat dit afkoel.
Voeg die suiker, die eier, die sout en die geursel daarby en meng dit goed.
Sif die meel en die bakpoeier saam, voeg dit by en meng.
Voeg laastens die neute by en gooi die deeg in ʼn gesmeerde pannetjie wat met botter – of bruinpapier uitgevoer en weer gesmeer is.
Bak dit 1 uur lank in ʼn matige oond by 180ºC