Rosyntjiebrood
 Jy sal die broodjie moet wegsteek vir die huismense, anders bly daar niks oor vir die gaste nie!
1 pakkie van 500 g bruismeel
 180 ml suiker
 1 geklitste eier
 125 ml water
 250 ml melk
 250 ml rosyntjies
 5 ml sout
Glaseersel
 (opsioneel)
 Eier geklits met bietjie melk
 Stel oond op 180°C.
 Plaas al die bestanddele in ‘n mengbak en meng tot ‘n deeg. Skep in ‘n voorbereide broodpannetjie. Smeer ‘n bietjie glasseersel bo-oor. Bak 1 uur of tot toetspen skoon uitkom.
 Laat ‘n rukkie in pan afkoel, keer uit op draadrak en laat afkoel. Bedien met botter.
Wenke
 Gebruik die res van die eier-melkmengsel van die glasseersel om Franse braaibrood te maak.