Pages

Thursday, 13 August 2015

taai dadel brandewyn toffie poeding



taai dadel brandewyn toffie poeding
bestanddele:
1/2 kop kookwater
3/4 koppie dadels, gekap
1/2 tl koeksoda
4 el botter
2 el appelkooskonfyt
8 el bruinsuiker
1 groot eier
1 en 1/2 kop koekmeel, gesif
1 tl bakpoeier
knypie sout
1/2 tl fyn kaneel
1/4 tl gemmer
1/4 tl neutmuskaat
handvol pekanneute, fyn gekap
stuk van lemoen se skil, baie fyn gerasper
Vir die brandewyn sous:
2 kop bruinsuiker
4 el botter
1 stok kaneel
1 kop water
1/2 kop brandewyn
3 el gouestroop
1 tl vanieljegeursel
knypie sout
So gemaak:
Voorverhit die oond na 180 ° C.
Plaas die 1/2 kop kookwater en dadels in ‘n kastrol en bring tot kookpunt.
Kook vinnig vir 2 min , verwyder van die hitte.  Voeg die koeksoda by en meng goed. Laat afkoel.  Room die botter, suiker en eier tot glad.  Voeg die meel, bakpoeier, sout, kaneel,konfyt, gemmer en neutmuskaat en vou
in die botter mengsel. Voeg die afgekoelde dadels neute en lemoenskil en meng tot goed gemeng.  Gooi in gesmeerde diep oonvaste bak  Bak vir 35 tot 40 minute, of tot die middel terug spring as jy vinger druk maak.
Sous:
Om die brandewyn sous te maak, verhit die suiker, botter, kaneel en water in ‘n kastrol tot die suiker opgelos is. Voeg die brandewyn, stroop, vanieljegeursel en sout, bring tot kookpunt, kook minuut of twee  Gooi die warm brandewyn sous oor die poeding sodra uit oond kom, laat rus vir
30 min.  Bedien met vla of roomys.