Pages

Thursday, 13 August 2015

Hoekom het jy nie so 'n mooi boom vol bloeisels in jou tuin nie? Plant een.


Jy sal saamstem dat daar darem min dinge is wat so mooi is soos 'n boom propvol lente bloeisels....  So hoekom het jy nie so 'n mooi boom in jou tuin nie?  Die fotos hierbo is almal van vrugteboom bloeisels (pruim, perske, sitrus...) .  Plant een - Jy word elke jaar beloon met tonne van die mooiste bloeisels ooit en daarna 'n oorvloed van vrugte vir die huis en kinders.  Wat meer kan mens vra?  O ja - natuurlik - jy kry sommer somerskaduwee vir hittige somersdae ook gratis.  Sien dis 'n bargain !!!  PLant een !

My hart kry so seer wanneer ek sien mense trek in 'n woonbuurt in en begin al die huis-tuin se bome uitkap of afsny.  Na 'n paar maande is daar net sand oor.
 Geen bome meer wat suurstof maak nie.  Geen bome meer wat skaduwee op snikheet warm somersdae gee nie.  Geen bome wat beskerm teen wind nie.  Geen bome met helder groen blare nie.  Ja mense kan hul maklik uitkap, maar wat bly oor?  Niks. 
As jy 'n boom MOET afkap vir welke rede ook al, plant weer een erens anders op jou erf.  Dit hoef nie 'n reus te wees nie, maar plant een.  (Ja ons het nou genoeg suurstof, maar wat as niemand meer bome plant nie en almal kap net nog een en nog een en nog een uit....?)  Dis tog 'n manier om 'n mooi omgewing vir jou kinders ook te laat.  Maak jou woonarea mooi - plant bome.  Daar is soveel om van te kies.  As jy nie ken van bome nie, vra.  Daar is soveel mense wat sal raad gee met liefde.  Daar is 'n boom vir elke plekkie wat JOU KAN gelukkig maak - probeer net.  Jy sal nie spyt wees nie.