Pages

Friday, 14 August 2015

BESSIE EN PYNAPPEL KAASKOEK VIR DIABETE




BESSIE EN PYNAPPEL KAASKOEK VIR DIABETE
Hierdie nagereg is uit die boeke! Nie-diabete sal dit net so geniet!
3x250 g bakkies gladde maaskaas
425 g (1 blikkie) o...nversoete pynappelstukkies/ringe in natuurlike sap, gekap, ongedreineer
30 ml gelatien, gespons in 125 ml koue water
8 ml vloeibare kunsmatige versoeter, of na smaak
10 ml vanieljegeursel
125 ml afgeroomde melk
Bolaag:

7,5 g (1 pakkie) jellie vir diabete (aarbei/framboos)
125 g vars bloubessies/framboos, afgespoel
Metode:
Plaas pynappelstukkies/
ringe in elektriese voedselverwerker. Verwerk tot fyn. Voeg sap by. Los gelatien
op in mikrogolf. Roer goed deur. Laat effens afkoel.Voeg die maaskaas, versoeter,
vanielje en melk by die pynappelpulp. Voeg gelatien by. Vermeng alles tot glad.
Giet in liggesmeerde tertbak van 230 mm.
Verkil in yskas tot ferm. Rangskik bessies in sierpatroon op kaaskoek.
Maak jellie aan volgens aanwysings en laat afkoel. Verkil oor ys tot dit net begin
verdik. Skep verdikte jellie versigtig oor bessies. Plaas terug in yskas tot ferm.
(12 porsies)
BRON: Sharon Terblanche van Durbanville