Pages
▼
Monday, 8 December 2014
KORSLOSE TAMATIEQUICHE
KORSLOSE TAMATIEQUICHE
5 groot zucchini, gerasper
2 tlpl seesout
2 eetlpl duiwepitolie
1 groot prei, in skyfies gesny
1 kleinerige ui, in ringe gesny
2 eetlpl vars pietersielie, fyngekap
1/4 kp meel
4 eiers, geklits
1 kp melk
1/2 tlpl grofgemaalde swartpeper
2 groot ryp tamaties, in dun skywe gesny
1 eetlpl sesaamsaadjies
Metode
Sprinkel zucchini met 1 tlpl sout en laat staan vir 6 minute
Druk vloeistof uit en plaas zucchini in mengbak
Verhit olie in pan en braai prei en ui tot goudbruin en meng by zucchini
Meng pietersielie, meel, eiers, 1 tlpl sout en swartpeper by
Meng melk by
Skep in gesmeerde ronde oondbak of oondvaste tertbord
Rangskik tamatieskywe bo-oor en sprinkel met saadjies
Bak in oond teen 180°C vir 40 tot 45 minute