Pages

Thursday, 11 December 2014

FOREL- EN RADYSGOETERTJIES



FOREL- EN RADYSGOETERTJIES


Jy benodig
2 velle gevriesde borskorsdeeg, ontvries
(skilferkorsdeeg kan ook gebruik word, goed geprik of blindgebak)
1/3 kppi goeie mayonnaise
2 eetlpls suurroom
2 tlpls peperwortel (horseradish), fyngekap
250g gerookte forel, gevlok
4 hardgekookte eiers, fyngekap
4 peppadews, gekap
seesout
grofgemaalde swartpeper
5 klein radyse, dun gesny
2 eetlpls vars Italiaanse pietersielie, gekap
Metode
Rol deeg effens dunner uit en voer 12 medium muffinpannetjies
Vul met bone of bakgewiggies en bak teen 180°C tot goudbruin, plaas in lugdigte houer
Meng mayonnaise, peperwortel en suurroom saam
Vou forel, eiers en peppadews by
Geur na smaak met sout en peper
Skep in broskorsbakkies
Rangskik skyfies radys bo-op en sprinkel met pietersielie