Pages

Tuesday, 25 November 2014

Koffiesoentjies




KOEKIES
250 g (½ blok) sagte botter
187 ml (¾ k) versiersuiker, gesif
10 ml (2 t) koffiepoeier
15 ml (1 e) kookwater
500 ml (2 k) koekmeel, gesif
VULSEL
50 g (½ plak) donkersjokolade, gesmelt
Stel oond op 180 °C.

1. Room botter en versiersuiker tot liggeel.

2. Roer koffiepoeier en kookwater saam en giet by bottermengsel. Klits goed.

3. Roer koekmeel by bottermengsel. Dit sal sagte deeg wees.

4. Voer bakplaat met bakpapier uit.

5. Skep deeg in spuitsak met meduim- grootte sterretjie-spuitpunt

6. Maak sirkeltjies van ongeveer 2 cm op bakplaat, maar nie te naby aan mekaar nie.

7. Bak vir 10 tot 12 min. of tot effens ligbruin. Laat op afkoelrakkie afkoel.

8. Plaas twee koekies opmekaar met bietjie gesmelte sjokolad