Pages

Wednesday, 26 November 2014

Appel-en-framboos-pons




Appel-en-framboos-pons
genoeg vir 8
◾400 g frambose, vars of bevrore
◾300 g (375 ml) suiker
◾500 ml water
◾sap en skil van 2 suurlemoene
◾1 kg gebreekte ys
◾6 groenappels, in dun skywe gesny
◾2 liter limonade
◾vars frambose vir voorsit
Plaas frambose, suiker, water, sap en skil van suurlemoen in middelslagpot. Bring tot kookpunt en kook vir 8 minute of tot vloeistof met ⅓ verminder het. Laat afkoel tot yskoud en verwerk tot puree met staafmenger. Plaas ys, appelskywe en koue stroop in groot ponsbak. Gooi limonade oor en meng liggies deur. Voeg vars frambose by en sit voor.