Pages

Monday, 23 June 2014

wen-frikkadelle




Volgende keer as jy frikkadelle maak, plaas 'n blokkie kaas in die middle, kyk net die oulike idee om die frikkadelle te bak.

Christelle Otto se wen-frikkadelle (Sarie 2011)
(genoeg vir 8 mense)
3 snye dik witbrood (korsies afgesny)...
125 ml karringmelk
1 eier
1 kg maer beesmaalvleis

60 ml asyn
15 ml worcestersous
125 ml vars pietersielie, gekap
1 ui, gerasper
15 ml sout
15 ml fyn koljander
2,5 ml matige kerriepoeier
paar draaie varsgemaalde swartpeper
Verhit oond tot 180 °C. Week brood in karringmelk en maak goed fyn. Voeg die res van die bestanddele
by en meng goed deur met ’n vurk. Maak 16 tot 20 frikkadelle. Pak in ’n gesmeerde oondbak (nie te styf teen mekaar nie) en bak vir 45 minute tot lekker bruin. Of maak ’n bietjie sonneblomolie in ’n braaipan
warm en braai die frikkadelle in twee sarsies stadig daarin tot gaar.