Pages

Thursday, 19 June 2014

Spaanse Omelet met Spekvleis-, Heelpitmielies-, en Roosmaryn...




Spaanse Omelet met Spekvleis-, Heelpitmielies-, en Roosmaryn...
Olyfolie
‘n Paar repsies Spek, gekap
6 Klein of 3 Medium Sprietuie, gesny
2 Knoffelhuisies
3 Takkies Roosmaryn
1 Blik Heelpitmielies, gedreineer of 1 K gevriesde mielies

6 Eiers, liggies geklits
100gr. Plaaslike harde kaas, gerasper
• Verhit ‘n medium nie-klewende pan, voeg olyfolie by en laat toe om te verhit.
• Voeg nou die gekapte spek by en braai tot liggies bruin, nou kan jy die sprietuie, heelpitmielies, roosmaryn en knoffel by voeg. Roer totdat dit sag is.
• Voeg die eiers by en roer stadig totdat dit effens klonterig is. Verlaag die hitte, kook vir ‘n minuut of wat en sprinkel die meeste van die gerasperde kaas oor.
• Plaas in ‘n voorverhitte oond by 180°C vir 10 minute, verwyder uit die oond en sprinkel die oorblywende kaas oor.
• Maak die omelet versigtig met ‘n eierspaan los, sprinkle met die orige kaas en bedien.