Pasta-aand! Pasta-gebak met broccoli en spek
1 Braai 250 g gekapte strepiespek tot gaar. Skep dit uit die pan.
2 Voeg een gekapte ui en twee fyngedrukte knoffelhuisies daarby en soteer dit in die spek se vet tot sag.
3 Voeg 300 g broccoli-blommetjies by, sit die deksel op en kook dit oor ’n lae hitte vir vyf minute of tot die broccoli amper sag is. Haal dit van die plaat af.
4 Meng die broccoli met die spek en uie en voeg dit by 400 g gaar skulpiepasta of macaroni. (Geur net sout en peper na smaak) Bedek dit met 500 ml klaargemaakte kaassous en sprinkel 100 g cheddar oor.
5 Bak dit in ’n warm oond vir 30 minute of tot dit goudbruin en deurgaar is.