Pages

Wednesday, 25 June 2014

MRS BALL′S CHUTNEY



MRS BALL′S CHUTNEY(Edward Ball, haar kleinseun, het die oorspronklike grootmaat-resep verklein. Dit maak 18 bottels ( mild) blatjang.)

BESTANDDELE:

612 g droeperskes
238 g gedroogde appelkose
3 liter bruin druiwe-asyn(gewone bruine azijn)
2 +1/2 kg wit suiker
500g uie
120 g sout
75 g cayenne-peper
Om die blatjang sterk (hot) te maak , voeg 75g gemaalde brandrissie ( chili) by.
Om perskeblatjang te maak, los net die appelkose uit en gebruik 850 g droe perskes.

METODE:

- spoel die vrugte goed af en week dit oornag in druiwe asyn
- kook vrugte in asijn en dreineer
- maal in klein stukkies in ′n meul ( of versnipper met kombuismes).
- gooi die vrugte, suiker ( opgelos in ′n bietjie asyn) en uie ( gemaal) by en kook in ′n groot pot in die asyn die hoeveelheid asyn hang af van
die vastigheid: dit moenie te loperig of te dik wees nie
- voeg kruie by en kook vir 2-2+1/2 uur
- roer nou en dan met ′n houtspaan dat dit nie vasbrand nie
- doen in inle-bottels
- met die bottel toe, kan dit jare bewaar word en met die oop, kan jy dit so ′n half jaar in yskas(koelkast) bere.