Pages

Tuesday, 24 June 2014

KLAPPER-EN-VRUGTE-BLOKKIES




KLAPPER-EN-VRUGTE-BLOKKIES

Bestanddele:
200 g botter of margarien
250 ml karamel kondensmelk...
250 g glansvrugte mengsel (enige droee vrugte werk, vrugtekoekmengsel kan ook gebruik, week dit 'n rukkie in warm water en kap effens fyner)
300 g Marie beskuitjies, fyn gedruk

180 ml klapper

Voer ‘n plat 18 x 28 cm pan uit met foelie en bespuit die foelie deeglik. Sprinkel ‘n bietjie van die klapper op die foelie.

Meng gesmelte botter of margarien, karamel kondensmelk, vrugtemengsel en fyn Marie beskuitjies. Druk eweredig in die voorbereide pan vas. Besprinkel met klapper en verkoel tot ferm. Lig die foelie uit die pan. Sny in blokkies en geniet saam met koffie.

Lewer 20 – 25 blokkies.