Pages
▼
Thursday, 19 June 2014
Hoender- en rysslaai
Hoender- en rysslaai
5 Hoenderborsies, in blokkies gesny
2 E olyfolie plus ekstra vir braai
1 E Marokkaanse Speserye of ‘n mengsel van jou keuse
Sap van 1 suurlemoen
4 Sprietuie, gekap
2 Knoffelhuisies, gekap
½ K Gedroogde appelkose, gekap
½ K geroosterde en gekapte neute
2 E gekapte kruie soos kruisement, koriander of pietersielie
½ K vars of gevriesde ertjies
Spruite na smaak
Vars suurlemoensap na smaak
2 K gekookte rys
• Marineer die hoenderblokkies met die olyfolie, suurlemoensap en speserymengsel. Laat toe om te rus vir ‘n uur of langer.
• Verhit ‘n medium pot en voeg die olyfolie by. Voeg die hoenderblokkies by sodra die olie verhit is en roer totdat dit halfpad gekook is.
• Plaas nou die sprietuie en knoffel in die pot en roer totdat die uie versag het. Sit die plaat af sodra die hoender gaar is.
• Voeg nou die gekookte rys by terwyl die pot nog warm is, roer en voeg die appelkose, neute, ertjies en vars kruie by. Roer totdat gekombineer is en proe vir geur.
• Geur met sout en suurlemoensap na smaak en bedien met spruite (opsioneel).