Meng alles saam en gooi sout en peper by na smaak. Rol balletjies en braai in die olie tot hulle bruin is.
Tamatie en Knoffel sous: 25g Botter of margarien. 1 Blik Uie en tamatie smoor. 2 - 3 Knoffelhuisies, sny baie fyn. 1 Klein blikkie tamatie puree. 185ml Hoenderaftreksel. 1 Teelepel origanum. 1 Teelepel suiker. Gooi alles bymekaar in 'n pan en bring tot kookpunt. Laat prut vir sowat 5 minute oor matige hitte. Plaas nou die frikadelletjies in jou kaserol bak en gooi die sous oor. Maak die bak toe en bak vir 1 uur.