Pages

Wednesday, 2 April 2014

TRADISIONELE BOONTJIESOP




Lourens de Lange
 
TRADISIONELE BOONTJIESOP
200 g droëbone (250 ml)
500 g sopvleis
1 ui, gekap ...
28 g varkspek, in blokkies gesny
2 ℓ koue water
3 groot aartappels, grof gerasper

115 g tamatiepasta (1 blikkie)
sout en peper na smaak
KLUITJIES:
140 g koekmeelblom (250 ml)
10 ml bakpoeier
2,5 ml sout
15 ml botter of margarien
125 ml melk

METODE:
Week die bone oornag in koue water.
Kook die bone, sopvleis, ui, spek en water 1 uur lank.
Voeg die aartappels en tamatiepasta by en kook dit totdat alles sag is – ongeveer 2 uur lank.
Versap die sop, of druk die groente fyn en sny die vleis fyn.
Voeg sout en peper na smaak by.
Laat prut die sop nog ʼn rukkie. Voeg nog ʼn bietjie water by as dit te dik word.

KLUITJIES
Vermeng die droë bestanddele.
Vryl die botter of margarien by die droë bestanddele in.
Voeg die melk by en vermeng dit totdat dit ʼn stywe deeg vorm.
Skep teelepelsvol van die deeg in die sop wat stadig prut.
Maak die kastrol dig toe en laat prut dit totdat die kluitjies gaar is. Dit sal bo-op
dryf.