Pages

Wednesday, 16 April 2014

Suikervrye Sjokolade-hawermoutkoekies




Suikervrye Sjokolade-hawermoutkoekies
Maak: 30-40
Bereidingstyd: 15 minute
Baktyd: 10-13 minute...
Oondtemperatuur: 190 °C


• 135 g (250 ml) koekmeel
• 210 g (500 ml) hawermout
• 2,5 ml steviapoeier
• 5 ml koeksoda
• 15 g (50 ml) kakaopoeier
• 5 ml fyn kaneel
• 125 ml sonneblomolie
• 10 ml vanieljegeursel

1 Meng die droë bestanddele en ’n knippie sout saam in ’n groot mengbak. Meng 250 ml warm water, die olie en vanielje in ’n beker en gooi dit oor die droeë bestanddele. Meng liggies.
2 Rol die deeg in bolletjies en pak dit op ’n gesmeerde bakplaat. Druk dit plat met die palm van jou hand en bak dit vir 10-13 minute in die verhitte oond, tot gaar.
Stevia is ’n groen blaarplant van Suid-Amerika, waar dit eeue lank gebruik is vir goeie spysvertering en om wonde mee te verbind. Dis deesdae in poeier- en vloeistofvorm te kry as ’n plaasvervanger vir suiker. Stevia het verskeie voordele, sê Sally-Ann Creed, ’n voedingkundige van Kaapstad. Dis kilojoule-vry én die veiligste opsie as dit by versoeters kom. Stevia is baie soet en jy het min nodig. Jy kan dit op sy eie gebruik, of die helfte van die suiker in ’n resep daarmee vervang. Stevia het ’n nasmaak as jy te veel gebruik – gaan dus spaarsaam te werk!