Pages

Friday, 4 April 2014

Pynappelkerrie




Pynappelkerrie
Bestanddele
1 pynappel
botter...
1 teelepel mosterdsaadjies
1 teelepel vars gemmer
knoffel na smaak
1 teelepel komyn

1 teelepel borrie
3 - 4 kerrieblare
brandrissie, na smaak
1 piesang, in ringe gesny
1 blikkie klappermelk
Basmatirys

Metode
Verhit pan en rooster mosterdsade daarin sonder enige olie of botter.
Haal uit en druk fyn.
Sny pynappel in blokkies.
Braai dit in botter en voeg die res van die bestanddele by, behalwe die piesang, klappermelk en rys.
Roer goed vir 3 minute.
Voeg die piesang en klappermelk by en prut vir 8 minute.
Bedien op die rys.
(RSG)