Pages

Thursday, 3 April 2014

Pekkanneut en vye koek




Pekkanneut en vye koek
Hierdie lieflike koek is vir Pasella gebak by Madre’s Kitchen in Stanford.
125g sagte botter...
150g strooisuiker
75g koekmeel
2 t bakpoeier
3 eiers, liggies geklits
100g gemaalde pekkanneute

50g pekkanneute, grof gekap
8 lekker ferm vye
2 e heuning
Smeer ‘n 20cm koekpan met botter en voer uit met bakpapier.
Klits botter en strooisuiker saam tot lig van kleur en sponserig. Sif meel en bakpoeier saam. Vou die meelmengsel en eier om die beurt by die botter in. Vou dan al die pekkanneute in. Skep die koekmengsel in die voorbereide pan. Rangskik die vye op die koek met die gesnyde kant na bo. Bak by 180°C vir 55 min. Laat rus vir so 10 minute en bedruip dan met die heuning. Bedien met geklopte room.