Pages

Wednesday, 2 April 2014

Patatbootjies met maalvleis




Patatbootjies met maalvleis
vir 4
voorbereityd 20 minute
gaarmaaktyd 20 minute
...
Jy benodig
•2 patats
•250 g varkworsies of boerewors
•1 eetlepel mosterd
•3 eetlepels mayonnaise
•2 eetlepels tamatiesous
•½ ui, fyngekap
•’n groot knippie Italiaanse speserye
•½ teelepel knoffelpoeier
•½ teelepel rissievlokkies
Só maak jy
1.Sny die patats oor die lengte in die helfte, draai elke stuk apart in foelie toe en bak dit in die kole totdat die patats sag genoeg is om die vleis te kan uitskep.
2.Skep van die vleis uit (versigtig, jy wil nie ’n gat deur die skil druk nie). Daar moet genoeg vleis in elke patathelfte oorbly sodat hy sy vorm behou.
3.Druk die maalvleis uit die worsderm en meng dit met die res van die bestanddele. Meng die patatvleis wat jy uitgeskep het ook daardeur en skep die mengsel terug in die uitgeholde patats. Draai die patathelftes in 2 lae foelie toe en bak dit op die rooster vir 20 minute (draai hulle ná 10 minute om) oor warm kole totdat die vleis gaar is.