Olyfkonfyt
30g geroosterde heel amandels
75g suiker
½ k water
150g olywe, ontpit en in kwarte sny
2 t suurlemoenstroop*
Plaas die suiker en die water in ‘n kastrol en verhit oor matige hitte, roer tot suiker opgelos is. Voeg die olywe by en verhoog die hitte sodat die mengsel kookpunt bereik. Laat toe om te kook tot stroop dikte. Voeg die amandels en suurlemoenstroop by, roer, en skep die konfyt in gesteriliseerde flesse. Draai die deksels styf toe.
*Suurlemoen stroop
Plaas 1k suiker, skil van 2 suurlemoene en ¼ k water in ‘n kastrol. Roer oor matige hitte tot suiker opgelos is en bring tot kookpunt. Kook vir ongeveer 10 minute en laat die stroop afkoel
(Pasella)