Melktert met smeerkors
Maak 2-3 terte
Bereiding: 30 minute
Gaarmaaktyd: 35-40 minute
Kors
125 ml (1/2 k) botter
125 ml (1/2 k) suiker
1 eier
125 ml (1/2 k) melk
375 ml koekmeel
15 ml (1 e) bakpoeier
knippie sout
Vulsel
10 x 250 ml (10 k) melk
375 ml (1 1/2 k) suiker
60 ml (1/4 k) koekmeel
60 ml (1/4 k) mielieblom
6 eiers, geskei
15 ml (1 e) botter
5 ml (1 t) bakpoeier
knippie sout
5 ml (1 t) vanieljegeursel
fyn kaneel
- Voorverhit die oond tot 180 °C.
- Smeer 2-3 tertpanne met margarien of spuit met kossproei.
- Kors Room die botter en suiker en klits die eier by. Voeg die melk geleidelik by en meng goed.
- Sif al die droĆ« bestanddele saam en meng met die bottermengsel. Voer die tertborde met die kors uit. Hou eenkant. VULseL Hou 375 ml (1½ k) melk uit en verhit die res saam met die suiker tot opgelos. Sif die koekmeel en mielieblom saam. Voeg die eiergele en oorblywende melk by en meng tot ’n pasta.
- Meng ’n bietjie van die meelpasta met verhitte melk. Voeg by die res van die verhitte melkmengsel en verhit tot dit kook.
- Roer gedurig om te voorkom dat dit klonte vorm. Verwyder van die hitte.
- Klits die eierwitte styf en vou saam met die botter, bakpoeier, sout en vanieljegeursel by die melkmengsel in. Giet in die tertkorse, stuif met kaneel en bak 35-40 minute of tot goudbruin en stewig.