Pages

Friday, 4 April 2014

Maklike sjokoladekoek in ‘n fles




Maklike sjokoladekoek in ‘n fles - Nina Timm
Bestanddele
3 koppies koekmeel, gesif...
1 koppie kakao, gesif
1 knypie sout
3 teelepels koeksoda
2½ koppies suiker

320 g botter, gesmelt
2 koppies melk
4 eiers, geklits
2 teelepels appelasyn
2 teelepels vanieljegeursel of -ekstrak
Versiering (fop ganache):
1 blikkie karamel
200 g (1 groot plak skokolade), gesmelt

Metode
Voorverhit die oond tot 180 °C.
Spuit die glasflessies of twee losboomkoekpanne, met `n deursnee van 26cm, met kleefwerende sproei.
Voeg al die bestanddele vir die koekbeslag bymekaar en meng met `n elektriese handklitser tot glad.
Giet die beslag in die voorbereide flessies of koekpanne.
Maak die flessies net halfvol.
Bak vir 30 minute (flessies), of 1 uur vir die groter koek.
Smelt intussen die sjokolade en meng die warm sjokolade met die karamel tot blink en glad.
Haal die koek uit die oond, laat afkoel en versier met die sjokolade-en karamelmengsel.
(RSG)