Pages

Friday, 4 April 2014

Lamskenkel en Eiervrug Kluitjies



Geure uit die Vallei bied gasheer en bekroonde meesterkok, Chris Smit

Lamskenkel en Eiervrug Kluitjies

Vir die skenkels: 2 Lamskenkels
2 E Olyfolie
1 Groot Ui, gekap
½ K Wortels, gekap

½ K Seldery, gekap
3 Knoffelhuisies, geskil en gekneus
2 takkies Roosmaryn
Swartpeper, grof gemaal
750ml Rooiwyn
2K Vleisaftreksel

Vir die Eiervrug Kluitjies:

4 Medium Eiervrugte
1/4K Sultanas
1E Vars Ment, gekap
2E Vars Pietersielie, gekap
150gr. Parmesaan Kaas of Gruyere, fyn gerasper
3 Eiers
1K Broodkrummels
Sout & Peper
750ml Tamatiesous, tuisgemaak

Vir die skenkels, begin deur ‘n medium-grootte pot warm te maak. Gooi die Olyfolie in die pot gevolg deur die Lamskenkels. Kook vir ‘n paar minute aan elke kant tot lekker bruin. Voeg die Uie, Roosmaryn, Swartpeper & Knoffel by, roer tot sag en maak seker dat die bestanddele nie brand nie.

Voeg die rooiwyn en aftreksel by, sit die deksel op en kook stadig vir ‘n paar uur tot die vleis sag is, maar nie van die been afval nie. Verwyder  van die hitte en laat effens afkoel.

Vir die Eiervrug Kluitjies: Voorverhit die oond tot 200ºC.
Sny die eiervrug in die helfte en smeer met olyfolie op die gesnyde kante. Plaas die Eiervrug op ‘n bakplaat met bakpapier en plaas in die oond. Bak vir 30-40 minute tot sag. Verwyder uit die oond en laat effens afkoel.

Verwyder die binneste gedeelte van die vleis en gooi die skille weg. Plaas die vleis op ‘n bord en kap fyn met ‘n mes, maar behou n bietjie van die tekstuur.
Plaas nou die gekapte Eiervrug in ‘n mengbak, voeg die res van die bestanddele by en meng tot goed. Laat vir ‘n paar minute rus.

Kry intussen ‘n oondvaste bak gereed en stel jou oond op 180ºC.

Plaas jou tuisgemaakte Tamatiesous in die oondbak. Vorm balletjies so groot soos hoendereiers van die mengsel en plaas versigtig op die Tamatiesous. Onthou dat die poffertjie omtrent met die helfte gaan vergroot tydens die bakproses.

Plaas die bak met die poffertjies en Tamatiesous in die voorverhitte oond en bak vir 30 minute. Verwyder uit die oond en laat vir ‘n paar minute rus.
Skep twee van die kluitjies per porsie op tesame met een Lamskenkel en ‘n bietjie van die sous. Garneer met vars Basielekruid en Pietersielie.