Pages
▼
Friday, 4 April 2014
Kraglose-maaltye
Kraglose-maaltye
KOSKAS-OPSIES
Geblikte salm, tuna, sardyne, pitmielies, lensies, keker-ertjies, botterbone, klappermelk, bone in tamatiesous.
Verskeidenheid pesto’s en pastasouse.
Droë sampioene, droëvrugte.
Pasta, noedels, rys, koeskoes, bulgur.
Ryskoekies, veselbeskuitjies.
Verskeie neute en asyne, suiker, sojasous en teriyakisous.
VARS PRODUKTE
Aartappels, patats, uie en knoffel.
Vars tamaties en soetrissie, kopkool.
Eiers.
Brood.
Vyf bekostigbare maaltye wat jy binne ’n japtrap kan berei
1 APPEL-KOOLSLAAI: Sny kool fyn, voeg blik kekerertjies en bietjie gekapte ui by. Sny ’n appel in skyfies en voeg by. Maak ’n slaaisous met bietjie asyn, suiker en sojasous. Giet oor. Sprinkel neute oor
2 TUNAPASTA Kook pasta op ’n gasstofie. Braai gekapte ui en knoffel in ’n bietjie olie tot sag. Voeg ’n blik tuna by en roer bietjie basiliepesto en klein tamatietjies deur. Meng deur die pasta.
3 VRUGTE-KOESKOES MET LENSIES Giet kookwater oor koeskoes of bulgur. Laat staan tot uitgeswel. Meng bietjie koljanderpesto en olyfolie deur. Kap ’n ui fyn en roer in saam met die lensies. Kap ’n verskeidenheid droëvrugte op en meng deur. Sprinkel neute oor.
4 GEVULDE AARTAPPELS Kook groot aartappels fyn en skep meeste van die sagte vleis uit. Giet kookwater oor droë sampioene. Kap fyn as sag. Braai ’n ui, voeg sampioene, sardyne of tuna by en ’n blik pitmielies. Meng met die uitgeskepte aartappelvleis, maak warm en skep terug in die aartappeldoppe.
5 SALM-NOEDELS Giet kookwater oor die noedels en laat staan tot geswel. Dreineer. Sny soetrissies in repe of blokkies en braai saam met gekapte ui en knoffel in ’n bietjie olie tot sag. Voeg die salm by. Giet teriyakisous en sojasous oor en verhit tot warm. Meng met die noedels.