Pages

Thursday, 3 April 2014

Gemmer en botterskorsiesop





Gemmer en botterskorsiesop
Hierdie geurige sop is vir Pasella gemaak by Madre’s Kitchen in Stanford.
...
½ t komyn saadjies
1-2 t vars gerasperde gemmer
1 sitroengras, gekneus
1 klein rooi chillie, gekap
2 peule kardamon
5 preie, chopped
2 e botter
1 knoffelhuisie, gekap
1.5 kg botterskorsie, in blokke gesny
2 groen appels, gerasper
skil en sap van 1 lemoen
1 blik kokosneutnmelk (410g)
3 k melk
½ k vars gekapte koljander
Maak bietjie olie warm en braai die komyn, gemmer, sitroengras, chillie, kardamon en preie tot die preie sag is. Voeg botter, knoffel, botterskorsie, appel, lemoen en bietjie water by. Kook todat die butternut sag is. Voeg kokosneutmelk by. Haal sitroengras en kardamonpeule uit. Verpulp in voedselverwerker en voeg melk bietjie vir bietjie by. Bedien met koljander en vars gebakte plaasbrood.