Kerrie Perskes Bestanddele 440 g Perskes 500 ml Bruin Asyn 12,5 ml Borrie 8 Klein Uitjies 12,5 ml Kerrie Poeier 10 ml Mielieblom 250 ml Suiker
Metode Versnipper Perskes. Kook asyn, kerriepoeier, borrie en uie saam. Voeg suiker en mielieblom by om sous te verdik. Voeg perskes by en kook goed. Bedien warm of koud op.
Wenk Uie kan in ringe gesny word. Los slaai in yskas vir 'n dag sodat geure behoorlik kan meng.