Aarbei Kaaskoek (Verspot Maklik Om Te Maak.) Kors: 200g Tennisbeskuitjies, Gekrummel 125g Botter Vulsel: 2x397g Kondensmelk 2x250g Gladde Maaskaas 125ml Suurlemoensap Vars Aarbeie Vir Bo-Op Smelt Botter En Roer Beskuitjiekrummels By. Druk Vas Op Die Bodem Van ‘N Losboom Koekpan, 20 Cm In Deursnee. Klits Al Die Bestanddele Van Die Vulsel Saam. Giet In Kors En Bak 15 Minute Lank By 180c. Laat Behoorlik Afkoel Voordat Dit Uit Die Pangehaal Word. Verkoel In Yskas. Sny Aarbeie In Skyfies En Pak Bo-Op Tert.