Wilna Dorfling BABY MARROW GROENTE GEBAK 5 eiers geklits 125 ml olie 250ml bruismeel 1 gekapte ui Gesnipperde bacon 1 kp gerasperde kaas 1 blik room suiker mielies Sout en peper 375 gram gerasperde baby marrows (murgpampoen) Klits die eiers en olie saam. Sif die bruismeel, sout en peper by en meng deeglik. Voeg die res van die bestanddele by. Maak of in cupcake maker, of plaas in gesemeerde oondskottel / muffin pannetjies en bak 45 min by 180 grade Celcsius. Lewer 24 klein tertjies. Baie Lekker as ‘n braai bykos.