PIENK MARMERKOEK
KOEK
* 187 ml (¾ k) kookwater
* 125 ml (½ k) olie
* 5 eiers
* 375 ml (1½ k) strooisuiker
* 625 ml (2½ k) koekmeel
* 30 ml (2 e) melkpoeier
* 10 ml (2 t) bakpoeier
* knypie sout
* 5 ml (1 t) vanielje
* 2 druppels donkerpienk jelkleursel
VERSIERSEL
* 250 ml (1 k) versiersuiker
* 30 ml (2 e) kookwater
* 2,5 ml (½ t) suurlemoensap
* 1 druppel donkerpienk jelkleursel
Stel oond op 180°C.
1 Koek Meng kookwater en olie en hou eenkant.
2 Klits eiers goed en voeg suiker bietjies-bietjies by terwyl geklits word.
3 Sif koekmeel, melkpoeier, bakpoeier en sout.
4 Roer meelmengsel en oliemengsel beurtelings by eiermengsel tot beslag vorm.
5 Verdeel beslag in twee.
6 Roer vanielje by een helfte en jel¬kleursel by ander helfte van beslag.
7 Skep wit beslag in ge¬smeerde ringkoekpan met 26 cm-deursnee gevolg deur pienk beslag. Trek sosatiestokkie deur beslag om marmerpatroon te skep.
8 Bak vir 30 min of tot toets¬pen skoon uitkom.
9 Versiersel Sif versiersui¬ker in groot mengbak.
10 Meng kookwater, suurlemoensap en kleursel en roer by versiersuiker. Dit moet dik, maar loperige versiersel wees. Voeg nog bietjie kookwater by indien nodig.
11 Skep versiersel bo-oor koek en sit voor.
WENK: Pienk jelkleursel kan ook deur pienk of rooi voedselkleursel vervang word. Gebruik minder rooi kleursel om pienk kleur te kry.