Pages

Wednesday, 19 June 2013

Skurwe Abrahams Beskuit




Naomi le Roux
Skurwe Abrahams Beskuit


5 x 250 ml, ongesif, afgemeet koekmeelblom
15 ml kremetart,
12.5 ml sout,
500 ml suiker,
250 g botter/margarien @ kamertemp,
250 ml karringmelk,
10ml koeksoda,
1 eier.

Metode:
Voorverhit oond tot 200 grade. Smeer rolkoekpan of spuit.
Sif koekmeelblom, kremetart en sout saam. Voeg suiker by en meng. Vryf margarien met vingertoppe in meelmengsel in totdat dit fyn gekrummel is. Meng 25 ml van karringmelk met die koeksoda. Voeg dit by die meelmengsel. Klits res van karringmelk en eier saam. Hou 25 ml van mengsel om oor beskuit te verf en voeg res by meelmengsel. Meng goed tot deeg. Jy kan dit in balle rol of net so in pan gooi. Verf oorblywende 25 ml karringmelk en eiermengsel oor beskuite. Bak sowat 30 min tot gaar op middelste rak. Laat effens afkoel en droog uit.