Pages

Friday, 21 June 2013

Maleise Kerrie sous wat met alles gaan

Zelna Voges

SOET MALEISE KERRIE

2 lourierblare
4 heel naeltjies
4 heel, rooi brandrissies

6 groot huisies knoffel
3 kaneelstokkies, in kleiner stukkies gebreek
50ml sonneblomolie
2 groot uie, in ringe gesny
30ml goeie kerriepoeier
15ml borrie
1,4kg maer stowelamsvleis

15ml masala
15ml suurlemoensap
60 – 90ml appelkoos- of perskekonfyt
600ml voorbereide lam- of beesaftreksel
500g Mcain Mixed Vegetables
400g McCain Potato Wedges
65ml grofgekapte koljanderblare

Verwerk of stamp lourierblare, naeltjies, brandrissies, knoffel en kaneel in ‘n vysel en stamper tot fyn.
Verhit olie in ‘n groot kastrol en voeg mengsel, uie, kerrie poeier en borrie by.
Soteer tot geurig en voeg vleis by.
Verbruin liggies en bedek met ‘n styfpassende deksel.
Laat prut oor baie lae hitte; omtrent 1 tot 1½ uur.
Die vleis trek gewoonlik genoeg water om in te prut, maar voeg af en toe ‘n paar lepels kookwater by indien werklik nodig.
Wanneer vleis sag is, voeg masala, suurlemoensap, konfyt, aftreksel, McCain groente en aartappelwiggies by.
Laat prut vir ‘n verdere 15 minute of tot groente gaar is.
Indien nodig, verhoog hitte, verwyder deksel en kook vinnig tot sous goed ingedamp het en lekker klewerig is
Besprinkel met koljander en bedien met Basmati-rys en ‘n verskeidenheid gemengde sambals.