Hannelie Barnard
Ek sit my groente wat ek wil opkook sommer in enige plastieksakkie en kook tot
gaar. Voeg daarna souse en geursels by. Jy kan dan in bakkie met deksel sit. Kook weer vir paar minute en siedaar!
Aartappel: sny kruisie met mes en maak gaar in sakkie. Onthou om een of twee gaatjies in sakkie te maak. Breek aartappel oop as gaar. Voeg 1eetl mayonnaise gemeng met klein bietjie appelkooskonfyt by. Ek hou van bietjie rooipeper daarmee saam. Kook weer vir so 'n paar minute. Dis baie lekker. Rasper kaas oor. Onthou net dis baie warm as dit uit mikrogolf kom.