Pages

Sunday, 23 June 2013

GRENADELLA CURD / LEMOEN CURD / SUURLEMOEN CURD

Wanda Botha

SUURLEMOEN CURD                                                         

1 koppie suiker
3 jumbo eiers

½ koppie margarien
1 koppie vars suurlemoensap

1. Gooi als in ‘n glas beker.
2. Mikrogolf vir 3 minute.
3. Klits elke half minuut goed.



LEMOEN CURD

125 gram botter
250 gram suiker
3 jumbo eiers
1 groot sappige lemoen
30 ml vars suurlemoensap

1. Room die botter en voeg suiker by, klits tot donsig.
2. Klits die eiers een vir een by op medium spoed.
3. Rasper die lemoen skil en voeg met suurlemoen en lemoen sap by en klits goed.
4. Mikrogolf vir 2 minute en klits goed na elke 30 sekondes.
5. Mikrogolf nog 2 minute en klits weer. Die mengsel is reg wanneer jy voel dit begin dik word.
6. Lemoen kan vervang word met suurlemoensap of vars grenadellas.


GRENADELLA CURD (vir cupcakes of skons)

2 groot grenadellas se pulp
1/2 suurlemoen se sap
125 g strooisuiker
75 g botter
2 medium eiergele

1. Smelt botter in mikrogolf, klits pulp, sap en suiker by.
2. Voeg eiergele by en klits goed.
3. Mikrogolf 3-4 minute tot dik. Klits na elke minuut.