Berei die visvingers voor volgens die aanwysings op die pakkie. Gooi die melk in die kastrol. Voeg die mayonnaise, kaas en rooipeper by en verhit. Roer 2 minute lank en aanhoudend. Roer die blatjang, ui en soetrissie by die sous. Verhit tot alles warm is. Plaas die rys op ‘n opdienbord en rangskik die visvingers bo-op die rys. Gooi die sous oor die visvingers. Bedien warm.