Pages

Monday 24 June 2013

Cowboykos



Cowboykos


2 uie, gekap
15 ml olie
15 ml botter
2 knoffelhuisies, fyn gedruk
1 blik (410 g) gekapte tamaties
15 ml tamatiepasta
100 ml water

Sout, vars gemaalde swartpeper en suiker na smaak
1 blik (410 g) rooi nierboontjies, gedreineer
250 g gaar boerewors, in stukkies gesny
4-5 eiers

Braai die uie in ’n pan in die olie en botter tot sag. Voeg die knoffel by en braai tot geurig. Voeg die tamaties, tamatiepasta en water by. Verhit tot kookpunt en prut tot die sous afgekook en effens verdik is.

Geur na smaak met sout, peper en ’n knippie suiker. Voeg die bone en boerewors by en verhit weer tot kookpunt. Prut vir 5-7 minute. Maak 4-5 holtes in die sous met die agterkant van ’n lepel en breek eiers daarin. Sit die deksel op en bak stadig oor lae hitte, tot die eiers gaar is na smaak.

Sit warm voor op brood. Lewer 4-5 porsies.

('n Lekker gebakte aartappel is ook 'n wenneer saam met die kos)