2.5 kg Wildsfilet in blokkies gesny. 1.5 kg Lamsvleis in blokkies gesny. ½ kg varkspek 2 groot uie in ringe gesny 1 Eetl kerrie poeier ½ Eetl borrie 2 Eetl suiker 1 Eetl mielieblom 2 Eetl perske blatjang 1½ koppie asyn 1½ koppie water
METODE: Braai die uie in olie tot sag. Voeg 1½ koppie water by en stowe vir 5 minute. Meng kerrie poeier, borrie, suiker, mielieblom, asyn en blatjang saam. Voeg by die gebraaide uie en prut vir 3 min. Laat afkoel. Sout en peper die vleis na smaak. Voeg 6 jong suurlemoen blare en 6 lourier blare by die vleis. Voeg afgekoelde sous by vleis. Meng deeglik. Plaas in die yskas vir 3 dae. Roer vleis daagliks.