Pages

Thursday, 6 December 2012

Appelkooslikeur




Hoe ouer die likeur raak, hoe lekkerder is dit.

Halveer en ontpit 15 appelkose.
Plaas dit in ’n kastrol, voeg 1 liter droë witwyn en 400 g wit suiker by en verhit tot kookpunt, terwyl jy stadig roer. Hou so aan tot al die suiker opgelos is.

Voeg 500 mℓ brandewyn by, maak dig toe en laat dit 5 dae op ’n warm plek trek.

Gooi nou die vloeistof af en syg dit deur. Pers al die appelkoospulp uit die die doek, wat jy kan.
Bottel en kurk.

Dit moet vir ten minste ’n week staan voor jy dit kan gebruik.