• 15 ml botter
• 1 ui, middeldeur gesny en dan opgesny
• 2 Granny Smith-appels, geskil, klokhuise verwyder en in blokkies gesny
• 60 ml witwynasyn
• 60 ml bruinsuiker
• 2 ml gerasperde gemmer
• 1-2 ml droë rissievlokkies
• 350 g aarbeie, blare verwyder en gekap
1 Verhit die botter en voeg die ui en appel by. Braai vir omtrent 10 minute oor matige hitte, tot die appels amper sag is.
2 Voeg die asyn, suiker, gemmer en rissie by en roer tot die suiker oplos. Laat dit vir 15-20 minute prut tot dit dik is. Voeg die aarbeie by, sit die plaat af en roer vir ’n paar minute tot die aarbeie net gaar is. Laat afkoel. Skep in ’n gesteriliseerde fles as jy dit nie dadelik gaan gebruik nie.