Genoeg vir: 8
· 15 ml vars gemmer, gerasper
· 5 vet knoffelhuisies, gekneus
· 1 ml rooipeper
· 5 ml fyn koljander
· sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
· 45 ml olyfolie
· 600 g vars tuna of salm, in 2,5 cm-blokkies gesny
·
lemmetjiewiggiesVIR VOORSIT
· vars koljander
· naan- of pitabrode
· ongegeurde jogurt
1 Week houtsosatiestokkies in koue water om te keer dat dit brand wanneer jy die vis braai.
2 Meng al die bestanddele (behalwe die vis). Vryf die mengsel in die visblokkies in en sit dit vir 'n uur in die yskas om te marineer.
3 Ryg 'n blokkie vis en lemmetjiewiggie op elke stokkie en braai dit oor warm kole (sowat 'n minuut aan elke kant). Sit die visstokkies warm of teen kamertemperatuur voor saam met vars koljander, jogurt en platbrode.