Pages

Tuesday 13 November 2012

TAMATIE EN BRANDRISSIE KONFYT

1.2 kg suiker
1.2 kg ryp pruimtamaties en die lengte deurgesny
2-6 middelslag brandrissies ontpit en in skyfies gesny
2 granny smith appels geskil en gerasper
2 cm stuk vars gemmer in kort repe gesny
sap van 1 suurlemoen
Metode:
Plaas alles in groot bak en laat 20 min staan...gooi dan in groot kastrol...verhit stadig en roer tot suiker opgelos is...prut stadig tot dikte van konfyt bereik het...roer af en toe....skep die skuim af terwyl dit prut...skep in flesse en verseel onmiddelik. As jy nie rissie wil bygooi nie los net uit