Pages

Monday 12 November 2012

Raad vir slakke




Strooi skulpeStrooi gebreekte seeskulpe om potplante waarvoor slakke lief is. Hulle verpes dit om daaroor te loop.

Van potjies tot wipSit ’n klein kleipotjie in ’n groter een en laat dit op hulle sykant tussen blomplante lê. Slakke wat snags uitkom om te vreet, sal sommer gou nesskop in dié nuwe beskutte “huisie”. Doen elke oggend inspeksie en krap die vabonde met ’n stokkie in ’n plastieksak vol sout uit. Stuur hulle dan dadelik asblik toe.
In sak en asStrooi ’n dik laag hout-as in ’n sirkel om plante soos funkias (Hosta spp.) wat in die somer op hulle beste lyk en heerlike lekkernye is vir slakke en naakslakke. Nie net haat die slymvoete die growwigheid nie – jy sal ook die tuingrond verrryk met potas, ’n noodsaaklike voedingstof vir die vorming van blomme en vrugte.

Doodsoen in ’n lemoenVul leë lemoen- en pomelohelftes (as jy klaar die sap uitgedruk het), met slaklokaas en sit dit tussen blomplantjies in die tuin. Slakke kan die heerlike sitrusgeure nie weerstaan nie en sal dadelik nader staan vir ’n happie.

Growwe paadjieMaak ’n gat in die middel van ’n krulkop-potskuurder en trek dit oor die rand van ’n tuinpot vol sappige plante. Die ou slymvoete verpes die growwe draderigheid en sal eerder ander weiplek gaan soek.

Bier, assebliefVul ’n piering met bier, sit dit neer tussen plante en sit dan ’n groot koolblaar onderstebo bo-oor. Slakke is nie kieskeurig oor spesifieke handelsmerke nie en sal dolgelukkig daarin versuip!

Tuis Tydskrif