Pages

Tuesday 6 November 2012

Blikkie/fles vol sade




Pak lae saadjies, bv sonneblom-, sesam-, papawer-, pampoen- en lynsaad in ’n lugdigte fles of blikkie. Bind ’n mooi lint om die nek van die fles en heg ’n kaartjie aan met voorstelle om dit te gebruik.
Dis ideaal in beskuit of ’n brood- of muffin-beslag. Dit is heerlik oor vrugte en jogurt vir ontbyt of rooster die saadjies liggies in ’n warm pan en gebruik oor slaaie of geroosterde groente. Voeg dit by koeskoes vir ’n lekker tekstuur en ekstra geur. Hou die saadjies in die yskas.

(Heleen Meyer)