Pages

Tuesday 2 October 2012

Kersete - 1ste onthaal

Kersfees wenk: Om vir die eerste keer in jou lewe die hele familie te onthaal oor kerstyd kan baie skrikwekkend wees vir 'n nuwe kok. Vra eerder elkeen van jou gaste om 'n gereg by te dra.

As jy weet ouma maak heerlike pastei, vra sy moet 'n pastei bring. As jy weet tannie Sannie se soetpatat is voortreflik, vra sy moet 'n bak daarvan bring. Dis baie meer gesellig en almal het ietsie om oor te praat soos hul resepte deel en die gasvrou kan asemhaal en hoef net te fokus op een gereg en die tafel dekor.