Pages

Friday, 21 September 2012

Broodpoeding




Michael Coetzee

bitter maklik om te maak... ses snytjies brood in blokkies gesny, 1en 1/2'e koppie melk, 1/2'e koppie rosyne, 3 eiers, 1/4 teelepel bakpoeier, 1/2'e koppie suiker, 2 eetlepels appelkooskonfyt, 2 eetlepels klapper, sout, bietjie gemengde speserye, bietjie kaneel en 2 eetlepels botter. Sny brood en voeg rosyne by en pak in gesmeerde bak. Meng die res van bestandele met melk en bring in pot tot kookpunt. Verwyder van stoof en gooi oor brood en rosyne. Stip met bietjie appelkonfyt en sprinkel klein bietjie kaneel oor. Bak in die oond teen 180 grade vir 35 minute... Bedien met vla