Pages

Thursday, 8 December 2011

Kaaskoek

Maak kors van koekies
250g gladde maaskaas (nie die laevet een nie)
Orley Whipp styf geklits
Blik Kondensmelk

Pakkie suurlemoen jellie
Half koppie suurlemoensap
Koppie kookwater
Meng jellie en kookwater en laat semi stol
Meng suurlemoensap en kondensmelk en meng dan maaskaas by
Meng Orley Whipp en jellie by
Gooi vulsel op kors en sit in yskas
Ek kook partykeer vars aarbeie en strooisuiker tot 'n stropie en smeer dit bo-op die kaaskoek, mar daarvoor het ek nie resep nie ek doen dit sommer na smaak of jy kan stroop van blikkie perskes met 1 tlp vlapoeier en 1 tlp suiker mikrogolf tot dik. Roer dit gereeld. Sny vrugte en gooi bo-op tert en stroop in patrone bo-oor. Baie lekker