Pages

Thursday, 15 December 2011

JAFFLES























(6 – 8 porsies)
• 45 ml olyfolie
• 2 uie, fyngekap
• 2 knoffelhuisies
• 500 g maalvleis
• 45 ml fyn koljander
• 1 x 400 g-blik tamaties
• 200 g gekerfde biltong
• 250 ml rooiwyn
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 16 snye witbrood

Verhit olie in ’n middelslag-pot. Voeg uie en knoffel by en braai liggies vir 5 minute of tot uie begin verbruin. Voeg maalvleis en koljander by.Roerbraai vir nog sowat 5 – 8 minute.Voeg tamaties, biltong en rooiwyn by. Verlaag hitte en laat stadig prut vir sowat 20 – 25 minute of tot sous met ⅔ verminder het. Geur goed met sout en swartpeper. Smeer brood met botter en plaas botterkant na buite in jaffle-vorm. Skep lepels vol maalvleis bo-op en sit nog ’n sny brood bo-op.Druk stewig toe en braai oor hoë hitte (as jy kampeer, sal dit warm kole wees, anders oor ’n hoë hitte op die stoof) vir sowat 5 minute per kant of tot goudbruin. Sit warm voor.