Pages

Monday, 7 November 2011

Tuisgemaakte fudge en rosyntjie roomys

Jeanette v d Berg se resep

Bestanddele:
• 35ml brannewyn
• 75g rosyntjies

... • 125g strooisuiker
• 75mls koue water
• 4 eiergele
• 1 houertjie dubbelroom - amper styf geklop
• 150g fudge, stukkies gebreek
So gemaak:
1. Plaas jou rosyne en brandewyn saam in bakkie, laat oornag week of min. 6 ure.
2. Plaas solank jou eiergele in lekker groot mengbak klits teen medium spoed met klitser so 2 min oor is van jou kooktyd van water en strooisuiker., soos hieronder
3. Voeg water en strooisuiker saam in kastrol, bring na kookpunt, sodra kook roer aanhoudend vir presies 5 min oor konstante hitte., verwyder van hitte, gooi nou baie stadig by eiergele terwyl jy jou elektriese klitser op baie hoe spoed het.
4. Klits tot lekker dik, en mengsel koud is.
5. Dreineer jou rosyntjies van die brandewyn, giet nou brandewyn by eiermengsel , klits tot lekker dik
6. Voeg nou die fudge stukkies en dreineerde rosyntjies by, vou liggies in met houtlepel
7. Vou nou jou geklopte room by met houtlepel, laat oornag in vrieskas. Laat roomys 5 min rus as jy uit yskas haal , voor jy bedien in mooi glase…
Geniet!!!