(Lewer 84 doppies – krimp glad nie) 500g meelblom (4kp) 250ml suiker 15,5ml vlapoeier 5ml sout 250g maragrien 15ml bakpoeier (afgeskraap) 2 eiers Room suiker, margarine en eiers. Meng droë bestandele met vingerspunte in bottermengsel in. Rol uit tussen twee lae plastiek wat met meel bestrooi is anders sal die deeg aan die roller vassit. Druk af, smeer kolwyntjiepanne, plaas afgedrukte deeg daarin. Prik bodem met vurk. Bak vir ongeveer 15min by 180°C tot ligbruin. Kan lank in lugdigte houer gebêre word.